Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fakkel
fakkel [boodskap #132086] Sa., 11 Julie 2020 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26354
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Atleet met 'n fakkel.
'n Atleet met 'n fakkel.
fakkel
Afbreking: fak•kel


Selfstandige naamwoord: fakkel
Meervoud: fakkels
Verkleinwoord: fakkeltjie
Meervoud van verkleining: fakkeltjies

Betekenis:
• 'n Stok wat aan die bokant in 'n brandbare stof gedrenk is en vir beligting gebruik word.

Gebruik:
• Die atleet dra 'n fakkel tydens die openingseremonie.
• Die fakkels verlig die donker grot.

Spreekwoord:
• Die fakkel oorgee. [Die verantwoordelikheid, kennis of tradisie aan 'n ander oordra.]

Hiponiem:
• oliefakkel
• rookfakkel
• seinfakkel

Afgelei:
• fakkeldraer
• fakkellig
• fakkelloop
• fakkeloptog
• fakkelsein

Vertaling:
Engels: torch
Nederlands: fakkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hamer
Volgende onderwerp: inplof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 02 05:04:36 UTC 2026