Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duiker
duiker [boodskap #131909] Thu, 02 July 2020 10:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
'n Duiker.
duiker
Afbreking: dui•ker


Selfstandige naamwoord: duiker
Meervoud: duikers
Verkleinwoord: duikertjie
Meervoud van verkleining: duikertjies

Betekenis:
• Iemand wat duik; persoon wat 'n duik-aksie uitvoer.
• (duiksport) Persoon wat onder die water swem of werk; paddaman.
• (soogdier) Een van drie bokkies in die onderfamilie Cephalophinae: gewone duiker (Sylvicapra grimmia), blouduiker (bloubokkie) en rooiduiker.
• (voël) Een van 'n aantal swemvoëls in die genus Podiceps wat hul prooi onder water vang.

Gebruik:
• Die duiker spring sierlik van die duikplank af.
• 'n Duiker is ingestuur om die skip se romp te ondersoek.
• 'n Volwasse duiker het 'n gemiddelde massa van 12 kg en 'n hoogte van ongeveer 50 cm.

Hiponiem:
• diepseeduiker
• pêrelduiker
• polisieduiker
• seeduiker
• sierduiker
• skubaduiker
• snorkelduiker
• sweefduiker
• vryduiker

Afgelei:
• duikerhelm
• duikerklok
• duikerpak
• duikerpyp
• duikersiekte
• duikery

Vertaling:
Engels: diver; duiker
Nederlands: duiker; duikerbok

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wed, 08 January 2025 18:36]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: verkyker
Volgende onderwerp: kreef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 06:35:45 UTC 2025