Betekenis:
• 'n Skaaldier en gesogte seekos met tien pote, twee voelhorings, 'n groot agterlyf en 'n lang stert.
• Die vierde sterrebeeld van die diereriem.
Gebruik:
• 'n Kreef sal enigiets vreet en word nie verniet die skoonmaker van die see genoem nie.
• Die son staan van ongeveer 21 Junie tot 22 Julie in die sterreteken Kreef.