perlemoen [boodskap #131846] |
Sun, 28 June 2020 10:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
perlemoen
Afbreking: per•le•moen
Selfstandige naamwoord: perlemoen
Meervoud: perlemoene
Verkleinwoord: perlemoentjie
Meervoud van verkleining: perlemoentjies
Betekenis:
• 'n Gastropood (buikvoetige seedier) wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom, Haliotis midae.
Gebruik:
• Perlemoen is 'n gesogte lekkerny en onderhewig aan stropery, wat tot totale uitroeiing kan lei.
Wisselvorm:
• perlemoer
Hiperoniem:
• weekdier
Vertaling:
Engels: abalone, mother-of-pearl
Nederlands: zeeoor, abalone
Nota:
• Van Latyn, mater perlarum, moeder van die pêrel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|