| perk [boodskap #131847] |
So., 28 Junie 2020 10:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26427 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
perk
Afbreking: perk
Selfstandige naamwoord: perk
Meervoud: perke
Betekenis:
• 'n Grens of beperking wat nie oorskry kan of mag word nie.
• (ongewoon) 'n Afgebakende ruimte wat vir 'n bepaalde doel gebruik word.
Gebruik:
• Die perk is opgehef. Hy ken nie sy perke nie.
• Die kinders speel in die perk langs die skool.
Spreekwoord:
• Paal en perk aan iets stel. [Iets beheer, beperk, inkort.]
Sinoniem:
• grens
• limiet
Afgelei:
• grasperk
• setperk
• spoedperk
• strydperk
• tydperk
Verwant:
• beperk
• inperk
Vertaling:
Engels: limit, boundary
Nederlands: perk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|