Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » planeet
planeet [boodskap #131840] Sun, 28 June 2020 08:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars.
Die vier aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars.
planeet
Afbreking: pla•neet


Selfstandige naamwoord: planeet
Meervoud: planete
Verkleinwoord: planeetjie
Meervoud van verkleining: planeetjies

Betekenis:
• Massiewe voorwerp wat om 'n ster wentel, wat se vorm hoofsaaklik deur swaartekrag bepaal word, wat nie kernversmelting ondergaan nie, en wat die gebied om sy wentelbaan van kleiner planeetagtiges skoonvee.

Gebruik:
• Die planete in ons sonnestelsel is vernoem na gode uit die Griekse en Romeinse mitologie, met die uitsondering van die aarde aangesien antieke waarnemers die aarde nie as 'n planeet beskou het nie, maar as die middelpunt van die heelal.

Afgelei:
• aardplaneet
• dwergplaneet
• eksoplaneet
• gasplaneet
• planeetvorming

Hiperoniem:
• hemelbol
• hemelliggaam
• sfeer

Hiponiem:
• Mercurius
• Venus
• Aarde
• Mars
• Jupiter
• Saturnus
• Uranus
• Neptunus

Verwant
• planetoïde
• planetestelsel

Vertaling:
Engels: planet
Nederlands: planeet

Nota:
• Afgelei van die Griekse woord πλανήτης, planētēs, wat swerweling beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paradys
Volgende onderwerp: aardplaneet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 05:20:44 UTC 2025