Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorgangsmetaal
oorgangsmetaal [boodskap #131741] Sun, 21 June 2020 20:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorgangsmetaal
Afbreking: oor•gangs•me•taal
Samestelling: oorgang + -s- + metaal


Selfstandige naamwoord: oorgangsmetaal
Meervoud: oorgangsmetale

Betekenis:
• 'n Element uit die d-blok van die periodieke tabel. Daar word onderskei tussen die 3d-oorgangsmetale van skandium tot sink, die 4d-oorgangsmetale van yttrium tot kadmium, die 5d-oorgangsmetale van lantaan tot kwik, en die 6d-oorgangsmetale van aktinium tot kopernikium.

Gebruik:
• Van die oorgangsmetale kom slegs yster (Fe) algemeen voor, omdat dit 'n baie stabiele element is.

Hiponiem:
• skandium
• titaan
• vanadium
• chroom
• mangaan
• yster
• kobalt
• nikkel
• koper
• sink
• yttrium
• sirkonium
• niobium
• molibdeen
• tegnesium
• rutenium
• rodium
• palladium
• silwer
• kadmium
• lantaan
• lutesium
• hafnium
• tantaal
• wolfram
• renium
• osmium
• iridium
• platinum
• goud
• kwik
• rutherfordium
• dubnium
• seaborgium
• bohrium
• hassium
• meitnerium
• darmstadtium
• röntgenium
• kopernikium

Vertaling:
Engels: transition metal
Nederlands: overgangsmetaal

Nota:
• Samestelling van oorgang en metaal met die invoegsel -s-.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aktinied
Volgende onderwerp: rehabiliteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 01:49:09 UTC 2025