| swael [boodskap #131579] |
So., 14 Junie 2020 08:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Swael in vlug.
swael
Afbreking: swa•el
Selfstandige naamwoord: swael
Meervoud: swaels
Verkleinwoord: swaeltjie
Meervoud van verkleining: swaeltjies
Betekenis:
• Klein sangvoël wat feitlik oor die hele wêreld voorkom.
Gebruik:
• Die swael se voedsel bestaan uit insekte wat uit die lug gevang word.
Sinoniem:
• swawel (digterlik)
Hiponiem:
• oesterswael
• oewerswael
• seeswael
• stormswael
Afgelei:
• swaeleier
• swaelnes
Vertaling:
Engels: swallow, martin, swift
Nederlands: zwaluw
Selfstandige naamwoord: swael
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool S en atoomgetal 16.
Gebruik:
• Swael is 'n smaaklose, reuklose, multivalente nie-metaal wat algemeen in vulkaniese areas aangetref word.
Sinoniem:
• swawel (verkieslik)
Afgelei:
• swaelbad
• swaelbron
• swaeldamp
• swaeldioksied
• swaelgroef
• swaelhoudend
• swaeloplossing
• swaelproduksie
• swaelreuk
• swaelsuur
• swaelverbinding
Vertaling:
Engels: sulphur, sulfur
Nederlands: zwavel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|