nul [boodskap #131367] |
Sat, 23 May 2020 10:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nul
Afbreking: nul
Telwoord: nul
Betekenis:
• Die getal 0. Een minder as een.
Gebruik:
• Hy het nul uit tien vir die toets gekry.
Spreekwoord:
• Iets van die jaar nul. [Iets wat baie oud is.]
• Dit gebeur in die jaar nul as die hingste vul. [Dit gaan nooit gebeur nie.]
Afgelei:
• nulde
Vertaling:
Engels: zero
Nederlands: nul
Selfstandige naamwoord: nul
Meervoud: nulle
Verkleinwoord: nulletjie
Meervoud van verkleining: nulletjies
Betekenis:
• Niks. Die syfer 0.
Gebruik:
• Hy is 'n nul op 'n kontrak.
Spreekwoord:
• Dis van nul en gener waarde. [Sonder enige waarde.]
Sinoniem:
• zero
Vertaling:
Engels: nothing, nought, zero
Nederlands: nul
Nota:
• Van Latyn "nullus", geen.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|