Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nul
nul [boodskap #131367] Sa., 23 Mei 2020 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nul
Afbreking: nul


Telwoord: nul

Betekenis:
• Die getal 0. Een minder as een.

Gebruik:
• Hy het nul uit tien vir die toets gekry.

Spreekwoord:
• Iets van die jaar nul. [Iets wat baie oud is.]
• Dit gebeur in die jaar nul as die hingste vul. [Dit gaan nooit gebeur nie.]

Afgelei:
• nulde

Vertaling:
Engels: zero
Nederlands: nul


Selfstandige naamwoord: nul
Meervoud: nulle
Verkleinwoord: nulletjie
Meervoud van verkleining: nulletjies

Betekenis:
• Die afwesigheid van enige hoeveelheid.

Gebruik:
• Die getal honderd het twee nulle.

Spreekwoord:
• Dis van nul en gener waarde. [Sonder enige waarde.]
• Hy is 'n nul op 'n kontrak. [Hy het geen invloed of seggenskap nie.]

Sinoniem:
• zero

Afgelei:
• nulpunt
• nulstelling
• nulvlak
• nulwaarde

Vertaling:
Engels: nothing, nought, zero
Nederlands: nul

Nota:
• Van Latyn nullus, "geen".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eiesoortig
Volgende onderwerp: boon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 01 05:10:18 UTC 2026