| loog [boodskap #131163] |
So., 03 Mei 2020 18:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25910 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loog
Afbreking: loog
Selfstandige naamwoord: loog
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sterk alkaliese stof waarvan o.a. seep gekook word.
Gebruik:
• Uit die as van hout kan mense loog verkry, wat 'n sterk basis is.
Hiponiem:
• moederloog
Afgelei:
• loogas
• loogagtig
• loogbak
• loogbos
• loogkruid
• loogkuip
• loogoplossing
• loogseep
• loogsout
• loogvat
• loogwater
Vertaling:
Engels: lye
Nederlands: loog
Werkwoord: loog
Verlede tyd: het geloog
Teenwoordige deelwoord: logend, logende
Verlede deelwoord: geloogde
Betekenis:
• Om met 'n bytende stof te behandel; langdurig aan loog blootstel.
• (figuurlik) Om deur toediening te verwyder.
Gebruik:
• Die myn loog die erts om die goud van die ander minerale te skei.
• Die kwaai reën het die voedingstowwe uit die bogrond geloog.
Afgelei:
• afloog
• inloog
• loging
• uitloog
Vertaling:
Engels: to leach
Nederlands: logen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|