Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loog
loog [boodskap #131163] So., 03 Mei 2020 18:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25910
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loog
Afbreking: loog


Selfstandige naamwoord: loog
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Sterk alkaliese stof waarvan o.a. seep gekook word.

Gebruik:
• Uit die as van hout kan mense loog verkry, wat 'n sterk basis is.

Hiponiem:
• moederloog

Afgelei:
• loogas
• loogagtig
• loogbak
• loogbos
• loogkruid
• loogkuip
• loogoplossing
• loogseep
• loogsout
• loogvat
• loogwater

Vertaling:
Engels: lye
Nederlands: loog


Werkwoord: loog
Verlede tyd: het geloog
Teenwoordige deelwoord: logend, logende
Verlede deelwoord: geloogde

Betekenis:
• Om met 'n bytende stof te behandel; langdurig aan loog blootstel.
• (figuurlik) Om deur toediening te verwyder.

Gebruik:
• Die myn loog die erts om die goud van die ander minerale te skei.
• Die kwaai reën het die voedingstowwe uit die bogrond geloog.

Afgelei:
• afloog
• inloog
• loging
• uitloog

Vertaling:
Engels: to leach
Nederlands: logen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: epigram
Volgende onderwerp: suisel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jul. 24 09:45:31 UTC 2026