Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » populasie
populasie [boodskap #131050] So., 26 April 2020 08:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26404
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
populasie
Afbreking: po•pu•la•sie


Selfstandige naamwoord: populasie
Meervoud: populasies
Verkleinwoord: populasietjie
Meervoud van verkleining: populasietjies

Betekenis:
• Die versameling mense wat in 'n bepaalde gebied woon.
• Die organismes van 'n spesifieke spesie wat in geografiese area voorkom.

Gebruik:
• Die land staar armoede in die gesig as sy populasie vinniger groei as wat sy ekonomie kan ondersteun.
• Die populasie van olifante in die reservaat het aansienlik toegeneem.

Sinoniem:
• bevolking
• bewoners
• inwonertal
• sieletal

Hiponiem:
• olifantpopulasie

Afgelei:
• populasiestudie

Vertaling:
Engels: population
Nederlands: populatie, bevolking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onsydig
Volgende onderwerp: filosofie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 08 21:57:41 UTC 2026