Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onsydig
onsydig [boodskap #131049] So., 26 April 2020 07:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26880
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
onsydig
Afbreking: on•sy•dig
Uitspraak: /õˈsəɪ̯dəx/


Byvoeglike naamwoord: onsydig
Vergrotende trap: onsydiger
Oortreffende trap: onsydigste
Attributief: onsydige
Partitief: onsydigs

Betekenis:
• Wat neutraal is en nie kant kies nie.
• (taalkunde) Taalkundige geslag wat nie manlik of vroulik is nie.

Gebruik:
• Alhoewel Switserland in die Eerste Wêreldoorlog onsydig gebly het, is die bevolking deur verslegtende lewensomstandighede geraak.
• Onsydige selfstandige naamwoorde in Nederlands kry het die lidwoord "het", soos in "het huis".

Afgelei:
• onsydigheid

Vertaling:
Engels: neutral, impartial; neuter
Nederlands: onzijdig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klimaatsverandering
Volgende onderwerp: populasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 19 17:32:39 UTC 2026