Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » atmosfeer
atmosfeer [boodskap #131032] Sat, 25 April 2020 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Aaade se atmosfeer wat die maan gedeeltelik verberg.
Die Aaade se atmosfeer wat die maan gedeeltelik verberg.
atmosfeer
Afbreking: at•mos•feer
Uitspraak: /ɐtmosfiə̯r/


Selfstandige naamwoord: atmosfeer
Meervoud: atmosfere
Verkleinwoord: atmosfeertjie
Meervoud van verkleining: atmosfeertjies

Betekenis:
• 'n Laag gasse wat 'n hemelliggaam, gewoonlik 'n planeet, omhul.
• Die heersende stemming.
• 'n Eenheid vir gasdruk.

Gebruik:
• Die aantrekkingskrag van die aarde hou die atmosfeer in posisie sodat dit saam met die aarde om sy eie as en om die son roteer.
• 'n Bedrukte atmosfeer het op die plaas geheers waar 'n plaasbestuurder die vorige aand koelbloedig vermoor is.
• 'n Fiets se band word tot ongeveer 3 atmosfere gepomp.

Sinoniem:
• dampkring

Afkorting:
• atm.

Vertaling:
Engels: atmosphere
Nederlands: atmosfeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kantelpunt
Volgende onderwerp: euforie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:24:28 UTC 2025