Betekenis:
• 'n Laag gasse om 'n hemelliggaam wat deur swaartekrag in plek gehou word.
• Die heersende stemming of gevoel.
• 'n Eenheid vir gasdruk.
Gebruik:
• Die aarde se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof en suurstof.
• 'n Bedrukte atmosfeer het op die plaas geheers nadat 'n plaasbestuurder koelbloedig vermoor is.
• 'n Fiets se band word tot ongeveer 3 atmosfere gepomp.