kantelpunt [boodskap #131031] |
Sat, 25 April 2020 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kantelpunt
Afbreking: kan•tel•punt
Samestelling: kantel + punt
Selfstandige naamwoord: kantelpunt
Meervoud: kantelpunte
Verkleinwoord: kantelpuntjie
Meervoud van verkleining: kantelpuntjies
Betekenis:
• Die punt waarop iets wat na 'n kant toe leun (kantel) sal omval.
• (figuurlik) 'n Keerpunt of wending in gebeure.
Gebruik:
• Jy ry daai stoel gevaarlik naby sy kantelpunt.
• Die regering se gewaagde beleid is besig om die land na 'n kantelpunt te dryf.
Vertaling:
Engels: tipping point; turning point
Nederlands: omslagpunt, keerpunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|