Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » atmosfeer
atmosfeer [boodskap #131032] Sa., 25 April 2020 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25855
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Aaade se atmosfeer wat die maan gedeeltelik verberg.
Die Aaade se atmosfeer wat die maan gedeeltelik verberg.
atmosfeer
Afbreking: at•mos•feer
Uitspraak: /ɐtmosfiə̯r/


Selfstandige naamwoord: atmosfeer
Meervoud: atmosfere
Verkleinwoord: atmosfeertjie
Meervoud van verkleining: atmosfeertjies

Betekenis:
• 'n Laag gasse om 'n hemelliggaam wat deur swaartekrag in plek gehou word.
• Die heersende stemming of gevoel.
• 'n Eenheid vir gasdruk.

Gebruik:
• Die aarde se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof en suurstof.
• 'n Bedrukte atmosfeer het op die plaas geheers nadat 'n plaasbestuurder koelbloedig vermoor is.
• 'n Fiets se band word tot ongeveer 3 atmosfere gepomp.

Sinoniem:
• dampkring

Afgelei:
• atmosferies

Afkorting:
• atm.

Vertaling:
Engels: atmosphere
Nederlands: atmosfeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kantelpunt
Volgende onderwerp: euforie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jul. 18 16:25:29 UTC 2026