Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dialek
dialek [boodskap #131027] Sa., 25 April 2020 09:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dialek
Afbreking: di•a•lek


Selfstandige naamwoord: dialek
Meervoud: dialekte

Betekenis:
• 'n Variëteit van 'n taal, kenmerkend van 'n groep van die taal se sprekers, met onderskeibare grammatikale, fonologiese en ander kenmerke.

Gebruik:
• In die vroegste jare het drie dialekte van Afrikaans ontstaan, waaruit ander mettertyd gegroei het.
• 'n Dialek is hoofsaaklik 'n streekstaal, maar word ook deur faktore soos sosiale stand beïnvloed.

Afgelei:
• dialekties
• dialekwoordeboek

Vertaling:
Engels: dialect
Nederlands: dialect
Zoeloe: ulimi lwesifunda

Nota:
• Van Grieks 'διάλεκτος' (dialektos), "met mekaar praat".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodtoestand
Volgende onderwerp: diamant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jul. 18 23:52:49 UTC 2026