dialek [boodskap #131027] |
Sat, 25 April 2020 09:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dialek
Afbreking: di•a•lek
Selfstandige naamwoord: dialek
Meervoud: dialekte
Betekenis:
• 'n Variëteit van 'n taal wat kenmerkend van 'n besondere groep van die taal se sprekers is. Taalvariëteit met onderskeibare grammatikale, fonologiese en ander kenmerke.
Gebruik:
• In die vroegste jare het drie dialekte van Afrikaans ontstaan, waaruit ander mettertyd gegroei het.
• Die term word meestal gebruik vir streekstaalpatrone, maar 'n dialek kan ook deur ander faktore, soos sosiale stand, bepaal word.
Afgelei:
• dialekties
• dialekwoordeboek
Vertaling:
Engels: dialect
Nederlands: dialect
Zoeloe: ulimi lwesifunda
Nota:
• Van Grieks 'διάλεκτος', dialektos, "met mekaar praat".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|