Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fiskaal
fiskaal [boodskap #131022] Sa., 25 April 2020 07:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26561
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Skets van 'n janfiskaal.
Skets van 'n janfiskaal.
fiskaal
Afbreking: fis•kaal


Selfstandige naamwoord: fiskaal
Meervoud: fiskale, fiskaals
Verkleinwoord: fiskaaltjie
Meervoud van verkleining: fiskaaltjies

Betekenis:
• 'n Voël met 'n wit bors en swart rug, soos die janfiskaal (fiskaallaksman; Lanius collaris) of fiskaalvlieëvanger (Sigelus silens).
• Juridiese beampte in die voormalige Kaapkolonie wat onder meer geskille oor leiwater en belasting hanteer het en wit en swart klere gedra het.

Gebruik:
• Die janfiskaal is 'n roofvoël wat insekte, vlermuise en klein voëltjies vreet.
• As fiskaal was Pieter de Neyn die hoogste regsbeampte aan die Kaap.

Vertaling:
Engels: butcherbird, hangman; fiscal
Nederlands: fiscaal


Byvoeglike naamwoord: fiskaal
Attributief: fiskale
Partitief: fiskaals

Betekenis:
• Met betrekking tot die staatskas. Betreffende belasting en owerheidsbesteding deur die tesourie.

Gebruik:
Fiskaal gesproke is die regering se beleid nie volhoubaar nie.

Verwant:
• fiskus

Vertaling:
Engels: fiscal
Nederlands: fiscaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pond
Volgende onderwerp: verhemelte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 21 00:16:28 UTC 2026