Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fiskaal
fiskaal [boodskap #131022] Sat, 25 April 2020 07:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n janfiskaal.
Skets van 'n janfiskaal.
fiskaal
Afbreking: fis•kaal


Selfstandige naamwoord: fiskaal
Meervoud: fiskale, fiskaals
Verkleinwoord: fiskaaltjie
Meervoud van verkleining: fiskaaltjies

Betekenis:
• Voël met 'n wit bors en 'n swart rug, soos die janfiskaal (fiskaallaksman; Lanius collaris) of fiskaalvlieëvanger (Sigelus silens).
• Juridiese beampte van die voormalige Kaapkolonie (wat wit en swart klere gedra het en oor sake soos leiwater en belasting besleg het).

Gebruik:
• Die janfiskaal vreet insekte, muise, vlermuise en ander voëltjies.
• As fiskaal was Pieter de Neyn die hoogste juridiese beampte aan die Kaap.

Vertaling:
Engels: butcherbird, hangman; fiscal
Nederlands: fiscaal


Byvoeglike naamwoord: fiskaal
Attributief: fiskaale
Partitief: fiskaals

Betekenis:
• Betreffende die staatskas; die belasting en owerheidsbesteding deur die tesourie.

Gebruik:
Fiskaal gesproke is die regering se huidige beleid nie volhoubaar nie.

Verwant:
• fiskus

Vertaling:
Engels: fiscal
Nederlands: fiscaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pond
Volgende onderwerp: verhemelte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 01:45:23 UTC 2025