Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tier
tier [boodskap #131018] Sat, 25 April 2020 06:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tier.
'n Tier.
tier
Afbreking: tier


Selfstandige naamwoord: tier
Meervoud: tiere, tiers
Verkleinwoord: tiertjie
Meervoud van verkleining: tiertjies

Betekenis:
• 'n Vleisetende soogdier, groter as 'n leeu, met geel en swart strepe. Een van die vier 'groot katte' van die genus Panthera in die familie van katagtiges (Felidae).

Gebruik:
• Die tier is jagtende roofdier wat veral in Indië, Sjina en Siberië voorkom.

Spreekwoord:
• Hy is my tier. [Hy is my meerdere.]

Afgelei:
• tiermannetjie
• tierwyfie

Vertaling:
Engels: tiger
Nederlands: tijger

Nota:
• In die spreektaal word daar soms foutiewelik na luiperds as tiere of bergtiere verwys.


Werkwoord: tier
Verlede tyd: het getier

Betekenis:
• 'n Geraas maak; lawaai.

Gebruik:
• Die wind tier deur die kloof.

Vertaling:
Engels: to rant, make a fuss
Nederlands: tieren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rekenaarwetenskap
Volgende onderwerp: fopnuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:14:17 UTC 2025