Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kamera
kamera [boodskap #131010] Fri, 24 April 2020 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kamera.
'n Kamera.
kamera
Afbreking: ka•me•ra
Uitspraak: kamera


Selfstandige naamwoord: kamera
Meervoud: kameras
Verkleinwoord: kameratjie
Meervoud van verkleining: kameratjies

Betekenis:
• Optiese toestel waarmee beelde vasgevang word, soos om foto's te neem of video's en rolprente te skiet.

Gebruik:
• Verskeie verstellings is met die meeste moderne kameras moontlik, waarmee die fokus, beligtingstyd en grootte van die lensopening gestel kan word.

Afgelei:
• kameralens
• kameraman
• fotokamera
• videokamera

Vertaling:
Engels: camera
Nederlands: camera

Nota:
• Van Latyn, 'camera obscura', "donkerkamer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: visse
Volgende onderwerp: oorsaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 01:46:45 UTC 2025