Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naak
naak [boodskap #130970] Mon, 20 April 2020 09:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
naak
Afbreking: naak


Byvoeglike naamwoord: naak
Vergrotende trap: naakter
Oortreffende trap: naakste
Attributief: naakte
Intensief: poedelnaak

Betekenis:
• Ongeklee; sonder enige klere.
• Onbedek; sonder hare, vere of ander fisiese beskerming van die huid.
• Suiwer; onverbloemd; sonder tierlantyntjies.

Gebruik:
• Hy was so naak soos die dag toe hy gebore is.
• Die kuikens is aanvanklik naak (sonder vere), totaal hulpeloos en word deur hul ouers versorg.
• Dit is die naakte waarheid.

Wisselvorm:
• nakend

Sinoniem:
• bloot
• kaal

Afgelei:
• naakloper
• naaktheid

Vertaling:
Engels: naked, bare, nude
Nederlands: naakt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kordaat
Volgende onderwerp: lewensles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:15:34 UTC 2025