| naak [boodskap #130970] |
Ma., 20 April 2020 09:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26872 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
naak
Afbreking: naak
Byvoeglike naamwoord: naak
Vergrotende trap: naakter
Oortreffende trap: naakste
Attributief: naakte
Intensief: poedelnaak, adamsnaak, spiernaak
Betekenis:
• Sonder enige klere.
• Sonder hare, vere, blare of ander bedekking.
• Suiwer en onverbloemd; sonder tierlantyntjies.
Gebruik:
• Die seuns swem naak in die rivier.
• Die kuikens broei naak uit die eiers uit. Die boom se takke is naak in die winter.
• Die naakte waarheid het almal geskok.
Wisselvorm:
• nakend
Sinoniem:
• bloot
• kaal
• onbedek
• ongeklee
Hiponiem:
• halfnaak
Afgelei:
• naakfiguur
• naakfoto
• naakloper
• naaksadig
• naakstudie
• naakswemmery
• naaktheid
Vertaling:
Engels: naked, bare, nude
Nederlands: naakt, bloot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 18:42] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|