kisdam [boodskap #130962] |
Sun, 19 April 2020 19:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kisdam
Afbreking: kis•dam
Samestelling: kis + dam
Uitspraak: /ˈkəsdɑm/
Selfstandige naamwoord: kisdam
Meervoud: kisdamme
Verkleinwoord: kisdammetjie
Meervoud van verkleining: kisdammetjies
Betekenis:
• 'n Kisvormige omhulsel waaruit water gepomp word om toegang tot plekke onder die water te verkry vir ingenieurswerke, ens.
Gebruik:
• 'n Kisdam word in die rivier gebou om die water van die brug se fondamente te weer.
Sinoniem:
• kofferdam
• caisson
Vertaling:
Engels: caisson
Nederlands: caisson
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|