Betekenis:
• 'n Herbivoor (planteter) wat sy kos kou en herkou (weer kou).
Gebruik:
• 'n Herkouer se maag het vier kompartemente: die grootpens (rumen), ruitjiespens (netpens of retikulum), blaarpens (omasum) en melkpens (abomasum).
• Herkouers bring hulle pensinhoud as deel van die herkouerproses op.