Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mol
mol [boodskap #130955] Sun, 19 April 2020 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n mol.
Skets van 'n mol.
'n Dubbelmol.
'n Dubbelmol.
mol
Afbreking: mol


Selfstandige naamwoord: mol
Meervoud: molle
Verkleinwoord: molletjie
Meervoud van verkleining: molletjie

Betekenis:
• (soogdier) Insektivoor met klein ogies en 'n spits neus wat tonnels in die grond grawe, Talpa europaea.
• (musiek) Musieknotasie wat 'n verlaging met een halwe toon aandui.
• (skeikunde) SI-eenheid vir die hoeveelheid materie in 'n stelsel wat ewe veel deeltjies as die atome in 12 gram koolstof-12 bevat.
• (figuurlik) 'n Persoon wat 'n organisasie infiltreer; spioen.

Gebruik:
• 'n Mol is besig om ons grasperk te verwoes.
• 'n Mol verlaag die toonhoogte van 'n noot met een halftoon.
• Vir die elemente is die massa van 1 mol goed bekend en word gewoonlik in die periodieke tabel weergegee.
• Ons het 'n mol in ons geledere.

Afgelei:
• blindemol
• dubbelmol
• mikromol
• molfraksie
• molshoop
• moltrein

Vertaling:
Engels: mole; flat; mole
Nederlands: mol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: worsbroodjie
Volgende onderwerp: skoolseun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:02:36 UTC 2025