Betekenis:
• (soogdier) Insektivoor met klein ogies en 'n spits neus wat tonnels in die grond grawe, Talpa europaea.
• (musiek) Musieknotasie wat 'n verlaging met een halwe toon aandui.
• (chemie) SI-eenheid waarmee die hoeveelheid van 'n stof aangedui word; een mol bevat ongeveer 602 triljoen deeltjies.
• (figuurlik) 'n Persoon wat 'n organisasie infiltreer; spioen of verraaier.
Gebruik:
• 'n Mol is besig om ons eens pragtige grasperk om te dolwe.
• 'n Mol verlaag die toonhoogte van 'n noot met 'n halftoon.
• Die massa van 1 mol is vir al die elemente bekend en word dikwels in die periodieke tabel aangetoon.
• Ons het 'n mol in ons geledere.