Betekenis:
• Plaaswerktuig waarmee graangewasse (soos koring of mielies) van landerye geoes word.
• (misdaad) Persoon wat sonder vergunning wild jag of seelewe ontgin.
Gebruik:
• 'n Stroper doen al die oeswerk in een beweging: dit sny die graan af, dors (haal die korrels uit die are, of die pitte van die stronk, of die pitte uit die peule uit) en wan (skei die kaf van die korrels).
• 'n Vermeende stroper het in die hof verskyn nadat hy met 'n voertuig vol perlemoen betrap is.