Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stroper
stroper [boodskap #130803] Sa., 11 April 2020 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Stroper.
'n Stroper.
stroper
Afbreking: stro•per
Samestelling: stroop + -er


Selfstandige naamwoord: stroper
Meervoud: stropers
Verkleinwoord: stropertjie
Meervoud van verkleining: stropertjies

Betekenis:
• (misdaad) Iemand wat sonder toestemming wild jag of seelewe ontgin.
• 'n Landbouwerktuig waarmee graangewasse, soos koring en mielies, geoes word.
• 'n Toestel waarmee iets (soos verf) verwyder word.

Gebruik:
• Die veldwagters het 'n stroper aangekeer wat renosters vir hul horings gejag het.
• 'n Stroper sny die graan, dors die korrels en wan die kaf in een bewerking.
• Die werker het 'n stroper gebruik om die ou verf van die deur te skraap.

Sinoniem:
• plunderaar
• wilddief
• oesdorsmasjien
• snydorsmasjien

Hiponiem:
• kabelstroper
• verfstroper
• wildstroper

Afgelei:
• stropery

Vertaling:
Engels: poacher; combine harvester; stripper
Nederlands: stroper; maaidorser, maaidorsmachine

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onaards
Volgende onderwerp: onderbroek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Okt. 11 17:03:24 UTC 2026