Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ink
ink [boodskap #130750] Fri, 10 April 2020 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pen met ink om dit te hervul.
'n Pen met ink om dit te hervul.
ink
Afbreking: ink
Uitspraak: /əŋk/


Selfstandige naamwoord: ink
Meervoud: inkte

Betekenis:
• 'n Gekleurde vloeistof waarmee geskryf, gedruk en geteken word.
• Donker vloeistof wat sekere diere vir selfverdediging vervaardig.

Gebruik:
• Die onderwyser merk die vraestelle met rooi ink.
• Diere soos die seekat en ramshoringskulp bespuit hul vyande met ink as hul bedreig voel.

Spreekwoord:
• Goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap. ['n Skriftelike boodskap kan nie verkeerd verstaan word nie.]

Afgelei:
• inkagtig
• inkbottel
• inkfles
• inkhouer
• inkklad
• inkkol
• inkpot
• inkswart
• inkvis

Vertaling:
Engels: ink
Nederlands: inkt
Zoeloe: uyinki


Werkwoord: ink
Verlede tyd: het geïnk
Teenwoordige deelwoord: inkende

Betekenis:
• Met ink bedek; van ink voorsien.

Gebruik:
• Vroeër jare moes die rollers van afrolmasjiene gereeld geïnk word.

Vertaling:
Engels: to ink
Nederlands: inkten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hys
Volgende onderwerp: inwoner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 11:25:47 UTC 2025