Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ink
ink [boodskap #130750] Vr., 10 April 2020 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Pen met ink om dit te hervul.
'n Pen met ink om dit te hervul.
ink
Afbreking: ink
Uitspraak: /əŋk/


Selfstandige naamwoord: ink
Meervoud: inkte

Betekenis:
• 'n Gekleurde vloeistof waarmee geskryf, gedruk of geteken word.
• 'n Donker vloeistof wat sekere diere vir selfverdediging vervaardig.

Gebruik:
• Die onderwyser merk die vraestelle met rooi ink.
• Die seekat en ramshoringskulp bespuit hulle vyande met ink as hul bedreig voel.

Spreekwoord:
• Goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap. ['n Skriftelike boodskap kan nie verkeerd verstaan word nie.]

Afgelei:
• inkagtig
• inkbottel
• inkfles
• inkhouer
• inkklad
• inkkol
• inkpot
• inkswart
• inkvis

Vertaling:
Engels: ink
Nederlands: inkt
Zoeloe: uyinki


Werkwoord: ink
Verlede tyd: het geïnk
Teenwoordige deelwoord: inkend, inkende
Verlede deelwoord: geïnkte

Betekenis:
• Om met ink te bedek; van ink voorsien.

Gebruik:
• Vroeër jare moes die rollers van afrolmasjiene gereeld geïnk word.

Vertaling:
Engels: to ink
Nederlands: inkten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hys
Volgende onderwerp: inwoner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 04 16:25:10 UTC 2026