deursigtigheid [boodskap #130697] |
Mon, 06 April 2020 17:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deursigtigheid
Afbreking: deur•sig•tig•heid
Selfstandige naamwoord: deursigtigheid
Meervoud: deursigtighede
Betekenis:
• Die mate waarin iets lig ongehinderd deurlaat.
• Sodanig opgestel dat enigiemand kan sien wat daar gebeur.
Gebruik:
• Die deursigtigheid van die water word al beter soos die sedimente daarin uitsak.
• Beter kommunikasie verhoog die sentrale bank se deursigtigheid, en deursigtigheid bou geloofwaardigheid van monetêre beleid.
Vertaling:
Engels: lucidity; transparency
Nederlands: doorzichtigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|