Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bult
bult [boodskap #130642] Sa., 04 April 2020 10:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25504
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bult.
'n Bult.
bult
Afbreking: bult
Uitspraak: /bʊ̟ɪt/


Selfstandige naamwoord: bult
Meervoud: bulte
Verkleinwoord: bultjie
Meervoud van verkleining: bultjies

Betekenis:
• 'n Ronde uitstulping (verhewenheid) op die vel; knop; swelsel.
• Uitstulping van die landskap; koppie.

Gebruik:
• Hy het 'n bult op sy kop waar die knuppel hom getref het.
• Die dorp is net oor daai bult.

Spreekwoord:
• Net agter die bult. [Sommer naby.]
• Oor die bult kom. [Moeilikheid oorwin.]
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop. Jou kwel oor iets wat nog nie gebeur het nie.]

Sinoniem:
• boggel
• knobbel
• knop
• koppie
• uitstulping

Antoniem:
• holte

Hiponiem:
• doringbult
• galbult
• grasbult
• gruisbult
• jeukbult
• kalkbult
• skuldbult

Afgelei:
• bultagtig
• bulterig
• bultrugwalvis
• bultterrein

Vertaling:
Engels: bump, hump; hill, ridge
Nederlands: bult


Werkwoord: bult
Verlede tyd: het gebult
Teenwoordige deelwoord: bultend, bultende
Verlede deelwoord: gebulte

Betekenis:
• Om 'n knop of uitstulping te vorm.

Gebruik:
• Die liggaamsbouer bult sy spiere.

Afgelei:
• uitbult

Vertaling:
Engels: to rise
Nederlands: bulten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buis
Volgende onderwerp: burgeroorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jun. 16 18:31:05 UTC 2026