Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » burgeroorlog
burgeroorlog [boodskap #130643] Sa., 04 April 2020 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25755
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skildery van een van die veldslae van die Amerikaanse Burgeroorlog.
'n Skildery van een van die veldslae van die Amerikaanse Burgeroorlog.
burgeroorlog
Afbreking: bur•ger•oor•log
Samestelling: burger + oorlog
Uitspraak: /ˈbœr.χərˌʊə̯r.lɔχ/


Selfstandige naamwoord: burgeroorlog
Meervoud: burgeroorloë
Verkleinwoord: burgeroorloggie
Meervoud van verkleining: burgeroorloggies

Betekenis:
• 'n Gewapende konflik tussen die burgers van 'n land.

Gebruik:
• 'n Burgeroorlog kan tot groot bloedvergieting en selfs volksmoord lei.
Burgeroorloë word meestal om etniese, godsdienstige of politieke redes gevoer, maar is soms bloot 'n stryd tussen mededingende faksies.

Hiperoniem:
• oorlog

Vertaling:
Engels: civil war
Nederlands: burgeroorlog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bult
Volgende onderwerp: bytjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jul. 09 20:33:34 UTC 2026