Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bult
bult [boodskap #130642] Sat, 04 April 2020 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bult.
'n Bult.
bult
Afbreking: bult
Uitspraak: /bʊ̟ɪt/


Selfstandige naamwoord: bult
Meervoud: bulte
Verkleinwoord: bultjie
Meervoud van verkleining: bultjies

Betekenis:
• 'n Uitstulping (verhewenheid) op die vel; knop; swelsel.
• Uitstulping van die landskap; koppie.

Gebruik:
• Hy het 'n bult op sy kop waar die knuppel hom getref het.
• Die dorp is net oor daai bult.

Spreekwoord:
• Net agter die bult. [Sommer naby.]
• Oor die bult kom. [Moeilikheid oorwin.]
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop. Jou vreeslik kwel oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie.]

Antoniem:
• holte

Vertaling:
Engels: bump, hump; hill, ridge
Nederlands: bult

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buis
Volgende onderwerp: burgeroorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 05:20:48 UTC 2025