Leksikograaf Boodskappe: 25504 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paling.paling
Afbreking: pa•ling
Uitspraak: /ˈpɑː.lɪŋ/
Selfstandige naamwoord: paling
Meervoud: palings
Verkleinwoord: palinkie
Meervoud van verkleining: palinkies
Betekenis:
• 'n Lang, dun, slangagtige vis van die genus Anguilla en familie Anguillidae.
Gebruik:
• Vier spesies palings kom in Suider-Afrika se damme en riviere voor: die geelbekpaling, kortvinpaling, Afrika-bontpaling en Madagaskar-bontpaling.
Spreekwoord:
• So glad soos 'n paling. [Baie glibberig en kom met alles weg.]
• Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]
Sinoniem:
• aal
Verwant:
• palingagtig
• palingfuik
Vertaling:
Engels: eel
Nederlands: paling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.