Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paling
paling [boodskap #130573] So., 29 Maart 2020 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25506
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paling.
'n Paling.
paling
Afbreking: pa•ling
Uitspraak: /ˈpɑː.lɪŋ/


Selfstandige naamwoord: paling
Meervoud: palings
Verkleinwoord: palinkie
Meervoud van verkleining: palinkies

Betekenis:
• 'n Lang, dun, slangagtige vis van die genus Anguilla en familie Anguillidae.

Gebruik:
• Vier spesies palings kom in Suider-Afrika se damme en riviere voor: die geelbekpaling, kortvinpaling, Afrika-bontpaling en Madagaskar-bontpaling.

Spreekwoord:
• So glad soos 'n paling. [Baie glibberig en kom met alles weg.]
• Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]

Sinoniem:
• aal

Verwant:
• palingagtig
• palingfuik

Vertaling:
Engels: eel
Nederlands: paling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aalfuik
Volgende onderwerp: aal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 08:33:10 UTC 2026