Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wy
wy [boodskap #130538] Sa., 28 Maart 2020 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wy
Afbreking: wy
Uitspraak: /vəi/


Werkwoord: wy
Verlede tyd: het gewy
Verlede deelwoord: gewyde

Betekenis:
• Om jou op iets toe te spits; die aandag by iets te bepaal.
• Om aan God op te dra.

Gebruik:
Wy jou aandag aan hierdie saak.
• Pous Vitalianus het Theodorus van Tarsus in 668 tot aartsbiskop van Kantelberg gewy.

Sinoniem:
• heilig
• seën
• inseën
• opdra

Afgelei:
• inwy
• toewy
• wyding

Homofoon:
• wei (gras vreet, soos beeste op die veld)

Vertaling:
Engels: to consecrate, dedicate; vow, devote
Nederlands: wijden

Nota:
• Wy (Nederlands: wij) is ook 'n verouderde vorm vir "ons".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wig
Volgende onderwerp: wei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 01:14:35 UTC 2025