Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wig
wig [boodskap #130537] Sa., 28 Maart 2020 12:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26510
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Wig.
'n Wig.
wig
Afbreking: wig
Uitspraak: /vəχ/


Selfstandige naamwoord: wig
Meervoud: wigge, wîe
Verkleinwoord: wiggie
Meervoud van verkleining: wiggies

Betekenis:
• 'n Voorwerp van metaal of hout met 'n skerp punt waarmee iets vasgeklem of gekloof word.
• (figuurlik) Iets wat skeiding bring.

Gebruik:
• Dit is makliker om hout met 'n skerp wig as met 'n stomp wig te kloof.
• Die konsentrasiekampe en hoë sterftesyfers het blywende wig tussen Afrikaners en Engelse gedryf.

Afgelei:
• wighoek
• wigskrif
• wigstuk
• wigvormig

Vertaling:
Engels: wedge, quoin
Nederlands: wig


Selfstandige naamwoord: wig
Meervoud: wigte
Verkleinwoord: wiggie
Meervoud van verkleining: wiggies

Betekenis:
• (digterlik) 'n Klein kind.

Gebruik:
• Hoe kan moord op 'n onskuldige wig ooit goedgepraat word?

Vertaling:
Engels: baby, child, bairn
Nederlands: wicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 14 September 2026 19:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: wynruit
Volgende onderwerp: wy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 15 23:04:36 UTC 2026