skande [boodskap #130373] |
Thu, 19 March 2020 18:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skande
Afbreking: skande
Samestelling: skan•de
Selfstandige naamwoord: skande
Meervoud: skandes
Verkleinwoord: skandetjie
Meervoud van verkleining: skandetjies
Betekenis:
• Iets wat minagting by die publiek oproep; iets oneervols.
Gebruik:
• Dit is geen skande om vir jou eie taal en mense op te staan nie.
Spreekwoord:
• Hy steek my in die skande. [Iemand deur sy optrede in die verleentheid bring.]
• Met skade en skande van iets afkom. [Geldelik en sedelik ly.]
• Deur skade en skande word 'n mens wys. [Deur onaangename ondervindings leer 'n mens.]
Afgelei:
• bloedskande
Verwant:
• skandaal
• skandelik
Vertaling:
Engels: disgrace, shame, infamy
Nederlands: schande
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|