Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ietermago
ietermago [boodskap #130201] Sat, 07 March 2020 13:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ietermago.
'n Ietermago.
ietermago
Afbreking: ie•ter•ma•go


Selfstandige naamwoord: ietermago, ietermagô, ietermagog
Meervoud: ietermago's, ietermagô's, ietermagogs
Verkleinwoord: ietermago'tjie, ietermagô'tjie, ietermagogie
Meervoud van verkleining: ietermago'tjies, ietermagô'tjies, ietermagogies

Betekenis:
• Reptielagtige soogdier met skubbe en 'n breë plat stert in die orde Pholidota.
• (figuurlik) 'n Lelike persoon.

Gebruik:
• Die ietermago is 'n nagdier wat sy reuksintuig gebruik om miere en insekte te vind.
• Jy sal jou doodskrik as jy so 'n ietermago in die nag moet sien.

Wisselvorm:
• ietermagô
• ietermagog

Vertaling:
Engels: pangolin
Nederlands: schubdier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Hoggenheimer
Volgende onderwerp: iesegrim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:34:40 UTC 2025