Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aasvoël
aasvoël [boodskap #130153] Wed, 04 March 2020 14:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aasvoël.
'n Aasvoël.
aasvoël
Afbreking: aas•vo•ël
Samestelling: aas + voël
Uitspraak: /ˈɑːsfuə̯ɫ/


Selfstandige naamwoord: aasvoël
Meervoud: aasvoëls
Verkleinwoord: aasvoëltjie
Meervoud van verkleining: aasvoëltjies

Betekenis:
• 'n Groot aasvretende roofvoël met 'n krom snawel, kaal kop en groot vlerke van die familie Aegypiidae.
• (figuurlik) Iemand wat op ander teer.

Gebruik:
• Navorsing het getoon dat aasvoëls se veerlose koppe 'n belangrike rol in hitteregulering speel.
• Hy is 'n regte aasvoël.

Afgelei:
• aasvoëlbessie
• aasvoëlkrans
• aasvoëlnes
• aasvoëloë

Vertaling:
Engels: vulture
Nederlands: aasvogel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: witels
Volgende onderwerp: agie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:55:42 UTC 2025