| aasvoël [boodskap #130153] |
Wo., 04 Maart 2020 14:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n Aasvoël.
aasvoël
Afbreking: aas•vo•ël
Samestelling: aas + voël
Uitspraak: /ˈɑːsfuə̯ɫ/
Selfstandige naamwoord: aasvoël
Meervoud: aasvoëls
Verkleinwoord: aasvoëltjie
Meervoud van verkleining: aasvoëltjies
Betekenis:
• 'n Groot aasvretende roofvoël met 'n krom snawel, kaal kop en groot vlerke, familie Aegypiidae.
• (figuurlik) Iemand wat op ander teer.
Gebruik:
• Die aasvoëls sirkel in die lug bo die karkas.
• Hy is 'n regte aasvoël wat probeer om voordeel uit ander se ellende te trek.
Afgelei:
• aasvoëlbessie
• aasvoëlkrans
• aasvoëlnes
• aasvoëloë
Vertaling:
Engels: vulture
Nederlands: aasvogel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|