duikklopper [boodskap #129692] |
Sun, 09 February 2020 06:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duikklopper
Afbreking: duik•klop•per
Samestelling: duik + klopper
Selfstandige naamwoord: duikklopper
Meervoud: duikkloppers
Verkleinwoord: duikkloppertjie
Meervoud van verkleining: duikkloppertjies
Betekenis:
• Ambagsman of besigheid wat duike uit metaal klop en die geduikte bakwerk van motors regmaak.
Gebruik:
• Die blondine het 'n duik in haar nuwe motor, maar nie geld om dit na die duikklopper te neem nie.
Sinoniem:
• paneelklopper
Vertaling:
Engels: panel beater, auto body mechanic
Nederlands: uitdeuker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|