| kalwerliefde [boodskap #129690] |
Sa., 08 Februarie 2020 13:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27041 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kalwerliefde
Afbreking: kal•wer•lief•de
Samestelling: kalwer + liefde
Selfstandige naamwoord: kalwerliefde
Meervoud: kalwerliefdes
Verkleinwoord: kalwerliefdetjie
Meervoud van verkleining: kalwerliefdetjies
Betekenis:
• 'n Onvolwasse vorm van liefde tussen twee jongmense.
Gebruik:
• Die heerlikheid van kalwerliefde kan 'n mens eers jare later met 'n glimlag onthou, want terwyl jy daarin vasgevang is, is dit net 'n warboel van emosies en jy weet nie of jy kom of gaan nie.
Sinoniem:
• adolessenteliefde
• jeugliefde
• kinderliefde
• kinderverliefdheid
• studenteliefde
Vertaling:
Engels: puppy love, calf love
Nederlands: kalverliefde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|