vet [boodskap #129389] |
Wo, 22 Januarie 2020 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vet
Afbreking: vet
Selfstandige naamwoord: vet
Meervoud: vette
Verkleinwoord: vetjie
Meervoud van verkleining: vetjies
Betekenis:
• Die olierige laag tussen die vel en vleis van 'n mens of dier.
• (chemie) 'n Organiese verbinding van trigliseriede.
Gebruik:
• As jou gesondheid vir jou belangrik is sal jy die vleis se vet afsny voordat jy dit eet.
• Vet is 'n ester van gliserol, 'n drie-funksionele alkohol en drie vetsuurgroepe.
Spreekwoord:
• Jou lyf vet smeer. [Jou regmaak vir 'n pak slae.]
• Die vet van die aarde. [Rykdom, weelde en genot.]
• Iemand vet om die oë smeer. [Iemand probeer mislei.]
• Jou vet sal braai. [Jou gemeenheid sal gestraf word.]
• Hy lyk soos 'n hond wat vet gesteel het. [Hy lyk sku.]
• Laat braai hom in sy eie vet. [Hom aan sy lot oorlaat.]
• Hy lewe van die vet van die land. [Hy lewe in oorvloed.]
Hiponiem:
• liggaamsvet
• smeervet
• varkvet
Afgelei:
• vethoudend
• vetklier
• vetlaag
• vetsak
• vetsugtig
• vetterig
Vertaling:
Engels: fat, grease
Nederlands: vet
Byvoeglike naamwoord: vet
Vergrotende trap: vetter
Oortreffende trap: vetste
Attributief: vet (vette)
Partitief: vets
Intensief: spekvet, blinkvet, moddervet
Betekenis:
• Met 'n dik laag vet onder die vel.
• (figuurlik) Wat groot of dik is.
Gebruik:
• Jy gaan vet word as jy so baie lekkergoed eet.
• Hy verdien elke maan 'n vet salaris.
Spreekwoord:
• Vies varke word nie vet nie. ['n Mens moenie te kieskeurig wees nie.]
• Vroeg uit die bed maak die beursie vet. [Wie vroeg opstaan, sal ryk of voorspoedig wees.]
• Wat nie doodmaak nie, maak vet. [Wanneer jy gedwing is om iets onaantrekliks of onbekends te eet.]
• Die oog van die meester maak die perd vet. [As jy self na jou sake kyk, trek jy die meeste voordeel.]
Vergelyking:
• So vet soos 'n vark.
Antoniem:
• maer
Afgelei:
• vetheid
Vertaling:
Engels: fat; big, fat
Nederlands: vet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|