reserwebank [boodskap #129378] |
Di, 21 Januarie 2020 15:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reserwebank
Afbreking: re•ser•we•bank
Samestelling: reserwe + bank
Selfstandige naamwoord: reserwebank
Meervoud: reserwebanke
Verkleinwoord: reserwebankie
Meervoud van verkleining: reserwebankies
Betekenis:
• Sentrale bank wat 'n land se reserwes in bewaring hou en vir die beheer van geld en krediet verantwoordelik is.
• Bank langs 'n sportveld waarop die reserwespelers tydens 'n wedstryd sit terwyl hulle op 'n speelkans wag.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse Reserwebank word nie deur die Suid-Afrikaanse staat besit nie.
• Die speler moes wedstryd na wedstryd op die reserwebank sit sonder om ooit 'n kans gekry om op die veld te draf.
Vertaling:
Engels: central bank; reserve bench
Nederlands: centrale bank; reservebank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|